Close

September 1, 2012

Wedloop van die spele

Almal het hulle heel gunsteling. Bolt, Isinbayeva of dalk nog Ennis. Die stel kaartjies wat ek die hoogste aangeslaan het was vir David Rudisha.

In die loop van agt dae in 2010 het hy die 800m mans wêreld rekord (WR, voorheen 1:41.11) twee keer verwoes. Eers na 1:41.09 en toe 1:41.01. Wêreld kampioen die volgende jaar, het hy sy vorm gehou om vroeg hierdie jaar al 1:42.12 te hardloop in die Kenia proewe, hoog bo see vlak.

Uit ‘n Suid Afrikaanse perspektief was dit fantasties om te sien hoe Andre Olivier deurdring tot die olimpiese semi finaal. Olivier het hier gehardloop met die hard van ‘n leeu, maar het ongelukkig uit gemis om te kwalifiseer vir die finaal.

Al die stukke was nou op die bord om die fenomenale middel afstand wedloop van hierdie eeu af te skop.

Van die skoot af het Rudisha die voortou geneem, om die pap dik aan te maak. Bitter min mense vat ooit daardie kans in ‘n wedloop, nie te min ‘n olimpiese finaal. Opgewondenheid het begin brou in die skare en ek het van my stoel afgeval na ‘n eerste ronde van 49.28, in WR pas. Deur die volgende 400 het Rudisha eenvoudig net verder versnel. Om met ‘n WR van 1.40:91 goud te vat, in ‘n harde kompetisie en sonder enige pas aangeër, wil ek net oorbeklemtoon, is fenomenaal.

Die res van sy kompetisie het nie net mooi gelyk langs hom op die tartan. Almal was saamgetrek om of ‘n NR, PB of SB te hardloop. Die vinnigste verloor tyd ooit in ‘n finaal was gedoen in 1:43.77.

Wie gaan jou gunsteling atleet wees in 2016?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *